Henk Meyer Henk Meyer
Email
Skype gautengdj
Twitter @GautengDJ
Instagram gauteng_dj
Phone Me! 082 - 650 0293  Whatsapp


-- Based In Pretoria --
-- Playing In Gauteng And Surrounding Provinces --
Sa Flag

BEPALINGS EN VOORWAARDES

  • Die kompetisie word aangebied deur Media24 Nuus (BEELD).
  • Medeborge aan Bruid van die Jaar 2019 kompetisie:
    • AfricaStay
    • Memoire
    • ATKV
    • Legend Hospitality Group
    • Sealy
    • Wedding Hub
  • Kompetisie duur van 6 April 2019 - 17 Maart 2020.
  • Jy moet in 2019 trou of getrou het om te kan deelneem.
  • Jy mag net inskryf vir die maand waarin jy getroud is.
  • BEELD behou hom die reg voor om jou huweliksertifikaat aan te vra.
  • Slegs Suid-Afrikaanse burgers, met geldige ID-dokument mag deelneem.
  • Deelnemers moet bo 18 jaar van ouderdom wees.
  • Nie alle inskrywings sal gepubliseer word nie en is onderhewig aan 'n keuringsproses.
  • Die bruid wat die meeste punte vir haar maand gekry het, word as 'n finalis aangewys.
  • Indien jy buite BEELD se verspreidingsgebied val, is jy self verantwoordelik om dié koerant te bekom.
  • Geen werknemer of familie-lede van die borge of Media24 mag deelneem nie.
  • BEELD se redakteur behou hom die reg voor om finaliste te diskwalifiseer wat in enige stadium só optree dat dit BEELD, die kompetisie of die betrokke finalis(te) se goeie naam in die gedrang bring. Dit sluit gedrag in (maar is nie daartoe beperk nie) wat lei tot die finalis se arrestasie, hofverskyning, betrokkenheid by 'n polisieondersoek (selfs voordat die finalis aan 'n misdryf skuldig bevind word) en onwelvoeglike of skandalige gedrag, hetsy dit in die media gepubliseer word of nie.
  • BEELD aanvaar nie verantwoordelikheid vir borge wat nie hul verpligtinge nakom.
  • BEELD aanvaar nie verantwoordelikheid vir inskrywings wat wegraak nie.
  • Deelname aan hierdie kompetisie veronderstel toestemming dat jy deur BEELD en/of borge gekontak mag word.
  • Deelnemers aan die kompetisie verleen aan Media24 en medeborge van die kompetisie om van tyd tot tyd sy produkte en/of dienste aan hulle te bemark.
  • Met die deelname aan die kompetisie verskaf u aan BEELD en of borge van die pryse toestemming om u foto te publiseer, sou dit verwag word.
  • Media24 Nuus (BEELD) waarborg oor die algemeen nie die volgende nie:
    • Dat u inskrywing in die kompetisie summier sal lei tot die wen van 'n prys.
    • 'n Prys of enige aspek daarvan aan jou, of waar van toepassing aan jou verwagtinge of vereistes voldoen nie.
    • 'n Prys of enige aspek daarvan bevredigend, tydig, sonder defekte, veilig of betroubaar is.
    • Media24 Nuus (BEELD) en ons geaffilieerde maatskappye sal nie verantwoordelik wees vir enige besering, skade, verlies of eisverwante voorvalle nie.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie word oor die kompetisie gevoer nie.
  • Met die kroningsdag word daar van die bruide verwag om 'n voldag sessie saam met beoordeelaars by te woon waar die wenner bepaal word. Die aand is 'n semi-formele funksie saam met van die bruid, haar man en hulle genooide gaste.
  • Daar sal van die wen-bruid verwag word om aan die einde van die jaar siklus op 17 April 2020 by 'n kroningsgeleentheid teenwoordig te wees (Memoire - Muldersdrift, Gauteng) waar die Jaar-wenner aangekondig word. Sou 'n finalis om enige rede nie die kroningsgeleentheid kan bywoon nie, verbeur sy die kans om mee te ding om die titel van Bruid van die Jaar asook alle pryse aangesien dit oorgedra sal word na die bruid wat haar plek sal oorneem.
  • Pryse is nie onderhandelbaar en kan nie vir kontant verruil word nie. Wenner het die reg om die prys weg te wys.
  • Addisionele kostes is vir wenner se eie rekening.
  • BEELD behou die reg voor om hierdie terme en voorwaardes te enige tyd sonder kennisgewing te verander.
  • BEELD behou die reg om kompetisie ter enige tyd te staak/beëindig.
  • BEELD behou die reg om pryse ter enige tyd aan te pas of te kanselleer.
  • Kompetisie word gereguleer deur SA wetgewing.

SKRYF SÓ IN - ANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE IN 'N WORD-DOKUMENT:

  • Waar het julle mekaar ontmoet?
  • Hoe lank ken julle mekaar?
  • Watter beroepe beoefen julle?
  • Wat is jul belangstellings?
  • Wat is jul definisie van 'n gelukkige huwelik?
  • Vertel ons van jou troue. Was daar 'n tema en wat was jou inspirasie?
  • Beskryf jou troudagstyl. Hoe het jy op jou rok en voorkoms besluit?
  • Wat was jou hoogtepunt van die troue?

VERSTREK DIE VOLGENDE:

  • Troudatum
  • Bruid se volle naam
  • Bruid se noemnaam (let wel noemnaam, nie bynaam nie)
  • Bruidegom se volle naam
  • Bruidegom se noemnaam (let wel noemnaam, nie bynaam nie)
  • Woonadres
  • Bruid se e-posadres
  • Bruid se kontaknommer
  • Bruidegom se e-posadres
  • Bruidegom se kontaknommer

VOLG DIE VOLGENDE STAPPE:

  • Heg 'n duidelike kop-en-skouersfoto en 'n vollengte foto van die bruid (kleur of swart-en-wit, minstens 1MB groot en in jpeg-formaat) as 'n attachment aan die e-pos-inskrywing.
  • Dit is die persoon wat inskryf of namens 'n bruid inskryf se verantwoordelikheid om te verseker dat enige informasie wat aan ons verskaf akkuraat, volledig is.
  • Daar word nie e-pos-korrespondensie oor inskrywings gevoer nie.
  • E-pos-inskrywings moet voor 12:00 op die sluitingsdag aan gestuur word.
  • Ons maak geen uitsonderings vir inskrywings wat laat is nie.

SKRYF VOOR HIERDIE SLUITINGS DATUMS IN:

 JANUARIE 2019-BRUIDE: 10 April 2019
 FEBRUARIE 2019-BRUIDE: 08 Mei 2019
 MAART 2019-BRUIDE: 12 Junie 2019
 APRIL 2019-BRUIDE: 17 Julie 2019
 MEI 2019-BRUIDE: 21 Augustus 2019
 JUNIE 2019-BRUIDE: 21 Augustus 2019
 JULIE 2019-BRUIDE: 26 September 2019
 AUGUSTUS 2019-BRUIDE: 26 September 2019
 SEPTEMBER 2019-BRUIDE: 30 Oktober 2019
 OKTOBER 2019-BRUIDE: 04 Desember 2019
 NOVEMBER 2019-BRUIDE: 08 Januarie 2020
 DESEMBER 2019-BRUIDE: 12 Februarie 2020

STEM PROSESSE:

PROSES 1 (elke SMS tel 1 punt)

  • SMS Bruid, gunsteling bruid naam en van, jou naam en van, waar jy woon en epos adres aan 35986.
  • SMS lyn sal oop bly tot die daaropvolgende Vrydag ná die bruid se foto's in die koerant verskyn het.
  • Lyn sluit om 12:00.
  • Elke SMS kos R1.50.
  • Gratis SMS geld nie en foutiewe SMS'e sal verreken word.
  • SMS voorbeeld: BRUIDE, Sannie Smit, Tanya Kleynhans, Aucklandpark, tanya.kleynhans@media24.com

PROSES 2 (elke stem tel 5 punte)

  • Ekstra koerant stemme kan op Maandae na publisering van 'n bruid by Tanya Kleynhans aangekoop word -

PROSES 3 (elke stem tel 5 punte)

  • Knip gunstelling bruid se foto uit (slegs oorspronklike fotos word aanvaar), plak dit agterop 'n koevert saam met hul naam, adres en telefoonnommers te stuur aan:
  •         Bruid van die Jaar
            Kingsway 69
            Mediapark
            Aucklandpark
            2006

  • Stemme kan ook by Beeld se kantoor in Johannesburg afgelewer word, of gekoerier word:
  •         Bruid van die Jaar
            Kingsway 69
            Mediapark
            Aucklandpark
            2006

  • Die sperdatum vir elke week se bruide is die daaropvolgende Vrydag ná die bruid se foto's in die koerant verskyn het.
  • Alle stemme moet ons teen 12:00 op die sperdatum bereik om in aanmerking geneem te word.
  • Dit bly die persoon wat stem se verantwoordelikheid om stemme op tyd in te dien en BEELD neem geen verantwoordelikheid vir laat stemme, vir watter rede ookal nie.
  • Laat stemme sal nie in aanmerking geneem word nie.
  • Die selfde prosedure geld vir bruide wat buite BEELD se verspreidings gebied val wil deelneem.
  • Die bruid met die meeste punte aan die einde van maand sal as die wenner aangewys word.
  • Vir meer inligting en pryse op die spel koop Saterdae jou BEELD.






Copyright 2019 - "Gauteng DJ" - All Rights Reserved
  Designed And Updated By  

Like This Site? Tell Your Friends!