|
|
|
Baie dankie vir jou uitstekende diens en musiek wat jy by ons troue gespeel het. Jy het die dag soveel meer spesiaal gemaak, jy het die "crowd" goed
opgesom en presies hul musiek smaak gespeel. Ons beveel jou enige tyd vir mense aan!!
Ulrich en Melishe - Moon And Sixpence
|
|
|
Soos enige bruid wou ek baie graag gehad het dat ons spesiale dag vlot sou verloop en dat al ons gaste 'n lekker tyd sou hê.
Ons DJ het seker gemaak dat ons nie hoef te bekommer oor die musiek nie sowel as om ons gaste te entertain met foto's & lekker musiek!
So baie dankie vir jou bydrae tot ons troue - ons waardeur dit so baie en ons is bly dat al ons gaste net so mal was oor jou :)
Amazing waarde vir geld - beste DJ in Gauteng by verre!!
Vincent en Lenel - Avianto
|
|
|
Baie dankie vir jou profesionele diens, jou hulp en vriendelikheid was tops gewees, ons het almal lekker gekuier en gedans op jou goeie musiek.
Sal jou verseker aanbeveel!
Etienne en Annecke - Green Leaves
|
|
|
Een van die diensverskaffers waarop ons regtig kon staat maak! Jy het dadelik besef wat ons verwagting was en dit deur en deur oortref!
Dankie vir jou uiters professionele benadering asook jou ongelooflike diens, dit het voorgekom asof jy heeltyd 100% in beheer was omdat dit
die werklikheid was. Jy het die ekstra myl gegaan om ons dag besonders te maak en daarvoor wil ons jou graag bedank. Ons kan jou met die grootste
vrymoedigheid aanbeveel!
Jacques en Wilmare - Isiphiwo
|
|
|
Baie dankie vir die pragtige en oulike foto's wat jy van my en Thinus se gaste geneem het op ons trou dag. Dit het dinge net soveel meer spesiaal
gemaak. Almal praat net van die amazing DJ wat by ons troue was, die mense kan nie uitgepraat raak daaroor nie. Dit was n stunning aand en jou
musiek was vir absoluut almal. Ons het dit baie geniet. Weereens vreeslik baie dankie vir alles.
Thinus en Madelein - Y Di Dorp Yt
|
|
|
Thanks vir die amazing musiek en photos van ons troue by Oxbow Country Estate in Januarie. Ek en Chantelle en ons gaste het dit baie
geniet en kan nie uitgepraat raak oor die wonderlike DJ en die stunning gaste foto's wat jy geneem het nie !!! Ons waardeer ook die GoPro
dvd wat jy gemaak het en kan nie wag om daarna te kyk nie.
Groete uit n baie nat en koue Engeland.
Philip en Chantelle - Oxbow Country Estate
|
|
|
Jy het ons aand onvergeetlik gemaak!! So baie dankie vir jou goeie diens, bereidwilligheid om altyd te help, en al die ekstra moeite
wat jy gedoen het om ons dag spesiaal te maak. Jou musiek, beligting en klank was topgehalte. Dankie dat ons op jou kon staat maak en dat
alles seep glad verloop het!!
Harm en Jacqueline - Thaba Ya Batswana
|
|
|
Dit gebeur baie min dat mense iemand ontmoet wat jy dadelik sommer deel van jou vriendekring wil maak en dit is presies wat die eerste dag gebeur
het met ons ontmoeting. Dit was die eerste diensverskaffer waar ek en Engela met volkome gemoedsrus weg gery het. Jou vlak van proffesionaliteit
het alle verwagtinge oorskryf, vriendelikheid, leiding en jou kennis van musiek is verstommend. Ons het soveel positiewe terugvoer van ons gaste
ontvang t.o.v. jou organisasie by ons troue, nie eens te praat van die pragtige gaste foto's en videos wat jy vir ons gemaak het nie. Almal was
verstom oor die reuse diens wat jy lewer. Die feit dat ons nou reeds getroud is dra dus by tot my volgende stelling. Jy is hopeloos te goedkoop!
Ek soek die persoon wat jou prys en diens gaan oortref. Ons kan jou waarborg dat jy sommer heelwat nuwe funksies vir jouself gereël
het by ons troue. Daar is baie mense wat die briefie gaan lees en dink dat ek nou vreeslik oordryf, maar geensins. Jy was absoluut uitstekend. Ons
het ook reeds 'n ander funksie in die vooruitsig waar ons beslis jou diens sal gebruik. Jy sal beslis moet begin om jou familie in te trek by jou
besigheid. Weereens, verskriklik baie dankie vir jou uitstekende diens, maar die grootste dankie is vir jou vriendelikheid!
Abrie & Engela - Zambezi Point
|
|
|
Ons kan nie genoeg vir jou DANKIE sê nie. Van die eerste korrespondensie tot die trou dag was jou diens uitstekend gewees!!! Ons vriende wat jou
ook gebruik het, was sooooo tevrede gewees. Nou kan ons dieselfde sê! Dankie dat jy die musiek en toesprake so goed hanteer het. Ons was nie vir
'n oomblik bekommer daaroor nie, want ons het geweet dis in jou ongelooflike bekwame hande! Ons gaste kan nie ophou praat van ons stunning DJ nie!
Ons het baie komplimente gekry oor watter lekker troue dit was, hoe lekker hulle gedans het en dit geniet het! Daarvoor kan ons net vir jou dankie sê!
Wees verseker ons sal jou enige dag aanbeveel! Jou diens en die persoon wat jy is, is regtig wonderlik in ons oë! 'n Inspirasie vir ons elkeen om 'n
passie te hê vir dit wat jy doen! Mag jy baie ryklik geseën word elke dag! Uit ons harte uit, duisende dankies!
Henk & Joalize - Bushveld Pond
|
|
|
Jou musiek het almal die hele aand op die dans vloer gehou en ons het al 'n hele paar mense na die troue gehad wat praat van ons goeie DJ!
Wil net sê ongelooflik baie dankie vir ons gaste foto's en videos, was so lekker om na dit te kyk en dan ook baie dankie vir jou vriendelikheid en awesome diens!!!!
Baie baie dankie, sal jou enige tyd weer gebruik!!!
Regard & Hetty - Zambezi Point
|
|
|
Jy is ongelooflik professioneel. Neem amazing gaste foto's en die musiek was spot on! Ons sal jou
aanbeveel vir enige funksie. Baie dankie vir 'n baie suksesvolle troudag, dis beslis te danke aan jou!!!
Jacobus & Lindi - Isiphiwo
|
|
|
Het gister, 7 Maart 2015 by Farm Inn getrou. Gauteng DJ was ons DJ en dit was ongelooflik lekker! Jy ken van 'n lekker party!
Baie, baie dankie! Awesome mix - almal het heel aand gedans!
Juan-Ré en Lezandra - Farm Inn
|
|
|
Hiermee wil ons vir jou ongelooflik dankie sê vir jou puik diens by ons troue. Die musiek wat jy gespeel het, het seker gemaak dat die dansvloer heeltyd vol was.
Die "clips" met die heildronke was so "cool" gewees, jy het almal lekker laat lag. Jy het voorwaar ons verwagtinge oortref en ons sal jou as DJ vir almal aanbeveel.
Weereens dankie vir 'n onvergeetlike aand, ons kon nie vir 'n beter DJ gevra het nie, alles was perfek!
Eon & Marlize - Farm Inn
|
|
|
Ons wil net weereens vir jou vreeslik baie dankie sê vir jou fantastiese, uitmuntende, algeheel ongelooflike diens op ons spesiale dag!
Ons het jou raakgesien by 'n troue so 3 jaar terug en geweet, jy is ons DJ en intussen vir elke troue aanbeveel wat ons kon. Ons is so bevoorreg om jou deel te kon hê van ons dag,
want daar was nie 'n oomblik wat mense nie gedans het nie. Ons het die gaste foto's nou as 'n stukkie herinnering saam met die seremonie opname en al jou ekstras het ons dag
sprokies-spesiaal gemaak. Dit was regtig die cherry op die alreeds hengse koek van verwagtinge wat jy oortref het. Baie baie dankie vir jou passie vir jou werk wat so duidelik is.
Ons sal aanhou om jou aan te beveel en hopelik sien ons jou sommer gou weer by 'n troue raak.
Chris & Lindsey - Forum Homini
|
|
|
Wil graag dankie sê vir alles wat jy gedoen het vir ons troue en die ekstra myl wat jy gegaan het om die liedjies te kry wat ons wou gehad het. Ons het dit verskrilik baie wardeur.
Die musiek was fantasties en almal was baie beindruk gewees. Die ekstra ligte wat jy by ons décor gevoeg het was asemrowend en het die finale afwerkings gegee wat ons nodig gehad het.
Kan maar net honderd maal dankie sê dat jy ons aand so spesiaal gemak het. Sal jou aan enige iemand wat wil luister aanbeveel.
John & Terine - Bayete Estate
|
|
|
Thank you so much for the wonderful job that you did at our wedding. You went above and beyond all our expectations! We were so impressed with how you arrived at
the venue hours before the ceremony and you were extremely well prepared, with not one, but two laptops full of music. The lights in the reception hall were beautiful.
You played such a great selection of songs and got everyone dancing! The pictures you took of the guests are so special. It's such a lovely touch, and you captured
memories and moments which would otherwise have been lost. And then there is the video you took in the chapel - such a special, extra touch. The whole package is such
amazing value for money, in addition to the personal touch you add to it all. We can't thank you enough for the amazing job you did. So professional, so much fun!! We
will certainly be recommending you to everyone we know! Thank you once again - we could not have asked for a better DJ!
Juan & Claudia - The Hertford
|
|
|
Vreeslik dankie vir jou puik diens! Ons almal het die musiek vreeslik baie geniet. Alles was perfek, musiek vir jonk en oud.
Dankie dat jy die ekstra myl gaan! Al wat ons kan sê is WOW! Gauteng DJ is bo-baas!!!
Niel & Melinda - Lavandou
|
|
|
Thank you so much for our music last night! You are so professional, because your music playlist, volume, lighting, etc were top notch!
People could hear themselves talk, even though others could dance the night away and enjoy themselves. The extra part you put in for the birthday
boy was perfect! We will recommend your services to anyone!
Robert & Lachais - Riverside Castle
|
|