|
|
|
|
|
|
Ons almagtige Vader gee my wysheid en krag. Ek bid tot U nou en later onder hierdie sware vrag. U het kinders aan my toevertrou en ek moet my vader plig onthou. Al is hul reeds uit die huis hul bly nog steeds my kruis. Vader sien my in my nood. Gee vir my, my daaglikse brood. Wil U aan my wysheid verleen, sodat ek my familie kan ondersteun. Vir volharding in my plig vra ek wysheid en lig. Om ons deur donker te lei wyl ons U kinders sal bly. My geloof is by U Here verlaat ons nie. Moet ons nie verloor, maar hou ons op die spoor. Ons vra U nog 'n keer help ons om die bose te besweer, sodat ons die weg kan sien om U alleen te dien. Amen. Gebed geskryf deur Petro Nell |
|
|